MAIN
ARTICLES
BLOGS
EVENTS
 
RUGBY PHOTOS
RESOURCES
 
Find us on...
 
Follow us on...
Giulio di Somma
Giulio is getroud met Dolores en hulle het twee dogters en twee seuns, twee aangetroude seuns, ‘n kleinseun en kleindogter. Giulio het ‘n seun, ‘n aangetoude dogter en ‘n kleindogter uit sy vorige huwelik. Hy het in konstruksie en die mynbedryf sy kennis opgebou en het ‘n Diploma in Projekbestuur, ‘n Diploma in Teologie en is ‘n Project Management Professional. Dolores het gekwalifiseer as ‘n Mediese Tegnoloog, sy het ‘n Diploma in Pastorale Sorg en Sertifkaat IV in Pastorale Leierskap. Hulle kom van Pretoria af en woon al vir 2 1/2jaar in Perth, Wes Australia.
 
ePos met my dogter …
12/02/2010
 

From:Nadia Sent: Monday, 11 January 2010 4:08 PM Subject: RE: Ons derde kerfees

Hi Pa

Dis goed geskryf (Ons derde kersfees), maar moeilik vir my om te verstaan, ek weet nie hoe is dit om na ander land toe te trek en die gevoelens wat daarmee saamgaan nie.

So al wat ek dink is hoe kan die mense kla in so ‘n lekker plek? Nadat ek twee keer daar gekuier het, sal dit vir my die mees amazingste ding wees om Oz toe te trek. Ek kan nie indink ek sal die dinge hier mis nie!

Lief vir pa

From:Giulio Sent: Wednesday, 13 January 2010 7:38 AM Subject: RE: Ons derde kerfees

Hi Nadia,

Ek het lank probeer dink aan ‘n voorbeeld en besef toe dis amper soos om van jou bekende laerskool na ‘n nuwe hoerskool toe te gaan maar met díe verskil – jy ken niemand nie en boonop praat hulle KaapAfrikaans terwyl jy Transvaal Afrikaans praat. Jy eet pap met jou braaivleis en hulle eet brood met hulle braaivleis.

Dis nie die verandering wat die mens tref nie, dis die vreemdheid en die skielike afsondering – geen familie, geen pêlle, geen bekende plekke nie. Dit lei daartoe dat mens gedisorienteerd, verlore en alleen voel. Sommige is bang om uit te reik na die Suid Afrikaanse gemeenskap rondom hulle, sommige wil nie eers uit die huis gaan nie! Soms voel hulle teneergedruk en begin hoop verloor dat hulle ooit hier in Oz gaan aanpas. Die verlange raak sterker as die redes waarvoor hulle gekom het. Net die goeie ou tye word onthou en daar is nou n bewuswording dat hulle patrioties is; en hul familie, die wild, die bosveld en ‘n warm kampvuur mis!

Meer as genoeg redes om terug te gaan SA toe en die hele immigrasie afskryf as ‘n slegte ervaring.

Maar, dit het niks met die land self te doen nie! Die Aussies is wie hulle is. Ons is die immigrante. Dis belangrik om die verskille te erken en te kan aanvaar. Dis nie te laat om kultuurskok te navors nie!

Ons hoef nie ons kultuur prys te gee, daarom bemoedig ons altyd die mense om die taal en kultuur oor te dra aan hul kinders en dit so aan die lewe te hou.

Die mens wil behoort, aan ‘n familie en ‘n gemeenskap en sodra hy/sy in ‘n vreemde omgewing is en nie ‘behoort' dan is die natuurlike gevoel om terug te vlug na die bekende. As jy verseker weet dis n kort termyn opoffering vir n langtermyn belegging, trek dit jou deur die moeilike tye en gee jou nuwe krag want jy het n droom en n visie vir jou gesin en jou nageslag. Dit neem ‘n absolute wilsbesluit om te bly en ‘n weg in die onbekende te baan en ‘n nuwe lewe uit te kap. Dis baie belangrik om oor die gevoelens te praat, te erken en daarmee te deel. Om te immigreer sit jou n paar jaar terug maar as jy vir 2 jaar kan vasbyt is dit moontlik om ‘n beter lewenskwaliteit te kan he.

Lief vir jou,

From:Nadia Sent: 13 January 2010 08:02 AM Subject: RE: Ons derde kerfees

Aha, ek sien

Dis die ding wat my die grootste getref het toe ek daar gaan kuier, dat ek n uitlander is, en hulle verstaan my nie en ek verstaan hulle nie! Ek moet se, dis al wat my afgesit het van die land, niks anders nie.

Thanks pa,! Love you xxx

Heil die leser …

Ons het ‘n droom nodig om ons na ‘n terugslag te laat opstaan en om voort te gaan. Na die Vryheidsoorlog van 1901 het die boere opgestaan om hulle families en plase te herbou. Hulle het ‘n droom gehad; ‘n vrye Afrikander volk. Hulle het geweet dat dit moeilik gaan wees maar dit het hulle nie gestuit nie.

Was dit ‘n droom wat julle na Australia toe gebring het? Kan jy die droom onthou? Nou is die gepaste tyd om jou droom terug te roep. Skryf die droom neer en voeg daarby as jy wil - droom groot.

Miskien het jy nie ‘n droom gehad nie? Nou is die tyd om ‘n toekoms droom te skilder.

Neem ‘n vel papier en maak ‘n lys van al jou talente, jou sterkpunte, jou belangstellings en kennis, jou sport vermoeë en die buitelewe waarvan jy hou. Op ‘n tweede vel skryf neer waar jy die dinge op die eerste lys kan aanwend hier in Oz. Kyk na geleenthede, miskien ‘n klub of ‘n nie-winsgewende orginsasie of ‘n gemeenskapskring; miskien die kinders se skool waar jy die dinge op die lys kan begin doen en so n positiewe bydrae tot die gemeenskap kan maak.

Tot volgende keer – skryf en soek!

 
1 comments add comment
Stille Nag, Heilige Nag
04/02/2010
 

Ja nee, met die sing van die liedjie kom die heimweë. Die mense rondom ons sing dié kerslied in Engels maar dit wil nie vlot nie, klink nie reg nie! Amper soos toe Boney M, die destydse popgroep, gesing het uit Psalm 137; “How shall we sing the LORD's song in a strange land?” Hoe sou ons die lied van die HERE kan sing in ‘n vreemde land? En tog is dit waar ons is, ‘n vreemde land, en ons sing.

Verlies is alomteenwoordig en is deel van die lewensiklus vanaf geboorte, kindwees, volwassene, outoppie en dan hemel toe. Al langs dié pad word verliese ervaar. Ek onthou toe ons destyds moes trek van Johannesburg na Secunda met die bou van Sasol II. Ons seun se baster hondjie kon nie saangaan nie. Ons het rondgesoek vir ‘n goeie familie om vir die hondjie, Panther, te sorg. Voordat dit wel kon gebeur is Panther noodlottig getref deur ‘n motor. Vir dae nadat ons Panther se liggaam by die DBV gaan aflaai het het ons seuntjie elke nou en dan gehuil en niks kon hom troos nie. Dit was altans sy hondjie!

Die lewe gaan voort; ‘n speelding breek, ‘n ernstige motorongeluk, ‘n egskeiding en soveel ander verliese wat pyn veroorsaak. Gewoonlik word ons geleer dat ‘n mens deel met die pyn deur sterk te wees. Jy huil vinnig klaar, of bittermin, en vee jou trane af, maak jou gordel een gaaitjie stywer vas en gaan aan asof dit wat gebeur het tog nie so erg was nie. Soms troos die belofte van vervang, maar dit kan nooit die plek van die oorspronklike vul nie. En soms is die verlies tydelik maar die “Totsiens” maak nogtans seer, ons sal mekaar weer sien! Soms is die verlies soos die dood - finaal.

Vroeg die oggend van die 27ste Desember 2006 het hulle die skeepshouer buite ons erf gelos. Ek en Dolores en twee helpers het wat oorgebly het van ons meubels en persoonlike besittings sorgvulding ingepak en vasgemaak. Dit was so min omdat ons so baie weggee of verkoop het. Ons het ‘n laaste keer deur die leë huis geloop en die herinnerings het spookagtig rondom ons gedans. Ons het die lief en leed van ‘n gesin wat so baie van die lewe ervaar het gegroet. Oor twee dae sou net ek en Dolores met twee tasse op die vliegtuig klim om die reis na ‘n nuwe, onsekere toekoms in Australia aan te durf.

Waar begin mens om te deel met die pyn van afskeid en die aandurf van ‘n nuwe tuisland? Kan dit wees om die realiteit van die situasie te aanvaar? Hoe doen mens dit? Miskien om dit wat agtergebly het regtig te treur! Miskien kon jy nie huil nie, jy moes sterk wees vir jou eggenoot of jou kinders. Miskien het jy gedink dis laf om so sleg te voel, jy gaan ‘n nuwe toekoms teggemoet! As jy graag iéts wil doen kan jy begin met ‘n brief aan God waarin jy al jou gevoelens en verliese neerskryf en jou noodlot teenoor Hom bekla.

Nee wat, om jou geboorteland agter te laat is ‘n groot verlies en jy mag dit treur. In die volgende weergawe sal ons kyk na die treur proses en of dit help met dié aanpassing.

Mag 2010 julle stoutse verwagtinge ver oortref!!!.

 
1 comments add comment
Kerfees en die groot Uitverkoping
17/12/2009
 

Waneer jy in Januarie inkopies gaan doen sal jy sien dat die prys wat jy betaal het vir Sussie se driewiel nou met die helfde verminder het, en jy wonder hoe die winkelier dit regkry om dit so spotgoedkoop te verkoop? Hy wou jou nie eers afslag gee vir kontant nie!! Jy sug, annvaar die realiteit van die situasie en belowe jouself dat volgende kersfees anders sal wees. Jy sal die kergeskenke by die ‘Christmas in July' uitverkoping koop!

Hierin lê die geheim om jou eerste, tweede of hoeveelste kerfees hier in Australia werklik te geniet. Jy aanvaar die realiteit van jou situasie – jy is nou woonagtig in Australia! Dit gaan miskien jou grootste uitdaging wees omdat jy jouself wysgemaak het dat die enigste rede hoekom jy hier is, is omdat jy hier móét wees. Eintlik is julle hier omdat julle die situasie in julle geboorteland oorweeg het, julle het na julle kinders gekyk en gewonder oor hulle toekoms en ‘n rits ander oorwegings en toé besluit om te emigreer.

Verbeel jou dis Desember 1838 en julle het van die trekgroep af weggebreek om vir julle ‘n plaas uit te soek in wat ons vandag die Vrystaat noem. Die man is vol moed en hoop, hier kan mens asemhaal, hier is die lug gevul met vryheid. Die vrou wonder wat sy gaan voorberei vir die kersete oor ‘n paar dae. Die proviand moet nog vir maande hou en daar is net een streepsak biltong. Die seuntjie van tien moes al bontstaan om sy Pa te help waar hy kan. Dankie tog die klasloop by ma is vir ‘n rukkie opsygestoot. Die dogtertjie van agt kan al bak en brou, sy is haar ma se trots. Maar daar is nie speelgoed nie en min tyd vir speel. Die wêreld is vreemd, die inboorlinge praat ander tale en die wild is nie volop nie. Hier sou jy kon sê: “Eina maar toemaar!”

Hoe balanseer mens die verlange na dit wat was en die werklikheid van dit wat is? Dit verskil van person tot person. Sommiges sal hulle gevoelens ontken en sê dat alles ‘Okey' is en ander sal die gevoelens van verlatenheid nader trek en vertroetel. Maar jy, wat gaan jy doen? Gaan jy erken dat dit wat gebeur was as gevolg van ‘n keuse en dis nie maklik is om ‘n nuwe toekoms uit te bou nie maar dit kan gedoen word? Daar moet wel opofferings gemaak word en daar moet definitief gewerk word aan die Ozzie taal, die bestandele vir die kersmaal moet aangekoop word en die braai moet skoongemaak word.

Die Christusfees is ‘n boodskap van liefde. Dié tyd van die jaar kan dien as die wegspring plek na ‘n nuwe vlak van liefde in julle gesin. ‘n Tyd van verdraagsaamheid, van meegevoel en van saam sterk wees oor dit wat al trotseer is en dit wat nog moet kom. Nou is die tyd om dinge saam te doen, dinge soos inkopies, tuinmaak en parkie toe gaan om die sonsondergang te bewonder.

“n Geseende Christusfees en ‘n voorspoedige Nuwe Jaar!

 
0 comments add comment
Ons Derde Kersfees
02/12/2009
 

Dit was Januarie 1988. Ek en my seun ry af Kaapstad toe. Sy matriek resultate was ‘Okay' maar nie goed genoeg vir toelating tot die Universiteit van die Weskaap nie. Ons is oppad om hom in te skryf in ‘n college wat sulke outjies help. Ek wou hom dik tik maar my Ma het my afgesê daarvan. My gewese vrou het toe nie met my gepraat nie.

Ons het vroeg oggend uit Johannesburg weggespring. Die weer en klimaat verander soos ons verder trek suide toe. Ons verlaat die hoeveld met sy laatmiddag somer donderstorms en trek deur die mielieplaas vlaktes van die Vrystaat. Na ‘n lang ruk ry ons die warm Karoo binne met sy tolbos veld wat eindeloos voor ons uitstrek. Na Laingsburg begin die pad afdraande loop soos die berge buite Worcester nader kruip. Die donker sak vinnig en ons is bly om by ‘n klein hotel te oornag. Vroeg oggend kom die kamervrou en maak die gordyne oop met ‘n skril, “Goeije morre, djulle moet rroer. Brrekvis sit en wag virr djulle!”. Helder sonlig bars die kamer in en vir die eerste keer sien ek die berge! Ek was oorweldig!

Dit was Desember 2008. Ek en my vrou, ons vier kinders en twee kleinkinders ry inderhaas na Hillarys hawe omdat ons amper laat is vir die ferry Rottnest Eiland toe. Die ‘Rottnest Express' galop oor die blou water. Die son skyn warm waar ons voor op die boot die wind trostseer. Wanneer ons terugkyk sien ons die plat wêreld van Fremantle en verder weg die wolke krabbers van Perth se middestad. Daar is geen berge in sig nie. Terwyl ons die vars see lug inadem skiet daar ‘n dankgebed op. “Dankie Here dat ons hier kan wees”.

Soms stamp-stamp die verlange na volk en vaderland. Maar, ons het vrede gemaak met ons trek na hierdie nuwe tuiste. Ons het gekies om hier aan te pas en die mense en gewoontes te leer ken. Soms is die ‘Engels' wat hulle hier praat verwarrend. Die mense is gemoedelik en is bereid om ruimte te skep en die biltong wat hulle hier maak is glad nie sleg nie. Los maar die boerewors J.

Wanneer ons gelees het van Australia was ons geneig om te dink dat die mense en die land baie soos ons Saffers is, en dit nie moeilik sal wees om aan te pas nie. Ons kan mos ingels praat! Net daar begin die probleme! Manlief gaan werk toe en vroutjie moet alleen die vreemde aandurf. By Woolworths koop sy ‘n paar goedjies en by die kasregister is die eerste vraag, “Fly byes”. Wat de dinges is ‘n flaai baai?? Na drie maande is hy tevrede, die bier is lekker, maar vroulief sing: “Ek wil huistoe gaan na Mamma toe!”.

In die tagtiger jare is daar navorsing gedoen oor die aanpassing en gevoelens van mense wat terminale siektes gehad het en die effek daarvan op hulle en hul familielede se emosies en lewens kwaliteit. In die hieropvolgende weergawes gaan ons die sakie nader trek en daaroor gesels. Tot wedersiens.

 
20 comments add comment
Copyright 2009 Sabona   |   Disclaimer   |   Privacy Policy    |   Articles
Web Design Gold Coast | Snowball Internet.        Powered by webEFEKTs.