HOME     SUBSCRIBE     ADVERTISING     CONTACT US   
Magazine
Magazine     Articles     Blogs     Events     Clubs & Resources
by Abrama Ahlers and Erik Vosloo
 

Abrama: Ons gesels vanaand met Ian Lentoor, geroepe onderwyser, gebore en getoe in die mooiste ou Kaap. Hoe gemaak om die mooie plek te verlaat?

Ian: Ja Abrama en Erik, dis maar moeilik om die mooiste berg agter te laat en jou heil op n vreemde plek te gaan soek. Julle weet, ek is gebore in Steenberg omgewing en het groot geword in Grassypark in die Kaapse vlakte en na skool ingeval by die Onderwyskollege.

Erik: Hoekom het jy onderwys gekies, Ian?

I: O ek het al die aanmoediging van al my familie gekry. Omtrent al die familie aan my ma se kant is onderwysers. Vandag voel ek dis my roeping. As mens jonk is verstaan jy dit mos nie. Jy klim aan boord en verstaan nie altyd die dryfkrag daaragter nie.

E: En dan is jy ook verlig dat jy n keuse gemaak het waarmee jou ouers tevrede is, ne.

A: Jou huistaal is Afrikaans . .

I: Ja eintlik die kombuis afrikaans wat uniek is aan die Kaap - so n lekker mengelmoes van Engels en Afrikaans met Kaapse Maleier invloede.

A: Nou se vir ons iets op jou mooi Kaapse manier.

I: Ja nee da kom n taxi jong. Kom nou nou ry gou ry Mowbray toe.

Klim in klim in julle da onner. Wat maak julle? Ko stap aan stap aan.

Hello Antie, jy't darem n mooi rok aan vedag. Antie, vi wie gat jy vedag jouself wys? Haai Antie vi jou issit net R2-50. Vi die aner seniors issit R3 ma ommat jy vedag so mooi is, Antie, vir jou R2. En wie is die pragtige klonkie wat saam met jou is? - o antie - jou broerskindjie. Vi hom vra ons net 50 sent. Gewoonlik issit R1, ma hy kan inklim, Antie. Waantoe gaat Antie? Bo-Kaapse parade? Lieflik. Dis waartoe ons almal na toe gaan. Klim in Antie. Hallo kom julle wat da aankom. Wat, het julle eiers onner julle se voete? Kom, maak aanstaltes. Hie gaan ons, hie ry ons.

A: Ag te pragtig. Laat mens sommer lekker verlang na die Kaap.

Kom ons gesels bietjie oor die onderwys

I: As mens klaar is met jou kollege opleiding, die manne vertel nie vir jou wat le daarbuite nie. Jy leer van die kurrikulum, maar hulle vertel nie vir jou van die waarheid nie. Ek het uitgevind as onderwyser is n ou eerstens n ouer, want in jou skooldag moet jy die kinders leer as hulle verkeerd doen, wat die regte ding is soos luister n mens vloek nie op n ander kind nie.Jy kan nie sommer n ander kind stoot en stamp nie. Jy weet die dinge wat n ouer sy kind sal leer. En dan moet jy n polisieman wees, want daar is so baie geweld in die skole. Kinders wat mekaar slaan met die vuis kom uit n kultuur waar hierdie alledaagse dinge is. Hulle dink dis hoe dit maar werk. So word konflik opgelos. Ek kan een geval noem waar ek op terreindiens was en hier kom n seun aangehardloop na my toe met n ander wat hom jaag, mes in die hand.Dan dink jy nie, jy reageeer instinktief en keer. Ek sien net die blink lem van die mes links en regs van my, maar keer dat dit bars sodat die arme klong kans het om oor die draad te spring en weg te kom.

A: Sjoe, ek was ook onderwyser, maar het nooit sulke geweld beleef nie.

I: Ja mens moet maar hare op jou tande he. Daai ondervindinge maak n mens net ryk. En derdens moet jy as onderwyser dan ook priester wees.

Jy moet vir die kinders n goeie sin vir reg en verkeerd aanleer en liefde vir jou medemens. So die hartseerste is dat jy dan eers by die kurrikulum uitkom - die laaste 5 - 10% van die dag!

E: Ja dit is die mens se onvermoe om met gebrokenheid saam te leef.

Hulle gebruik hul intelligensie net om te oorleef. Maar ek reken die 90% wat jy op hierdie wyse bydra, beteken baie meer vir die kinders in hul lewens as boekekennis.

I: Ja jy is die rolmodel in baie van hierdie kinders se lewens. As Pa verslaaf is aan dwelms of in die tronk sit, kan die kind tog nie opkyk na hom nie. Uit my ervaring as onderwyser het ek geleer dat 'n kind wat teleurgestel word in sy rolmodel het geen leiding nie en leef voort op sy instinkte om te oorleef.

A: Is dit nie wonderlik nie, Ian, dat jy so jou roeping kon uitleef en n verskil kon maak. Maar vertel vir ons hoe jy toe werk gekry het hier in Oz? Ek hoor van baie mense wat sukkel om werk te kry en jy het bewys as mens net aanhou probeer en hoop dan kom dit tog uiteindelik na jou kant toe.

I: Ja Abrama, my visum maak toe net voorsiening vir werk in platteland Victoria, dan soek n ou maar die grootste dorp en gaan probeer. Ons het by my broer in Frankston gebly en ek vat toe die dag, ek onthou dit was n Woensdag (in die skoolvakansie nogal!) die ferry oor na Geelong en begin by skole aangaan. Ek meen toe dat die skoolhoofde baie keer tog by die skool is, al is dit vakansietyd. So besoek ek toe so 40 skole maar vind net n paar skoolhoofde daar. So kom ek toe laatmiddag by die laerskool in Torquay aan en die kraaie sit en gaap in die hitte op die skoolgebou se dak en ek dink by myself hier gaan niks aan nie. Dis doodstil. Maar ek klop maar aan die deur. Ek draai naderhand weg om te gaan en hier gaan die deur agter my oop. Die skoolhoof, vrou alleen, nooi my in vir n onderhoud, herken natuurlik my Afrikaanse aksent en ons begin gesels oor haar dogter wat met n Vrystaatse boer getroud is en oor Mandela. Sy bekyk my CV so vinnig en bied my toe n pos aan. Ek was so bevoorreg om daar te kon werk.

A: Wys jou net. Werp jou brood op die water

E: Ja die mosterdsaad het gegroei. Ek hoop dit bemoedig al die ander ouens wat sukkel om daai joppie los te slaan.

I: Maar daar is ook maar moeilike dae. Ek kyk hierdie kinders wat so bevoorreg is en soveel het om te eet so en wonder wat doen ek hier?

Wat kan ek vir hulle bied? Die kos wat hulle so weggeggooi het, het my vreeslik gegrief. En toe begin ek hulle vertel van hoe lyk swaarkry en die honger kinders wat op die Kaapse vlakte loop met magte wat grom.

En daar luister hulle na my stories en gaan huis toe en vertel vir hul ouers dat die kom en my bedank vir wat ek die kinders leer. As hul kan besef hoe bevoorreg hulle is en byvoorbeeld spaarsamig werk met kos, laat dit n man sommer beter voel. Dit gee jou daai lekker gevoel da tjy darem hier ook n verskil kan maak.

A: Ian, ek glo jy maak sommer hier n hele nuwe generasie groot wat nog meer vir die armes en minderbevoorregtes sal uitdeel en nog meer wereldvisie kinders sal ondersteun.

E: Wat wil jy vir ons jongmense vertel oor hoe hul deel kan word van hierdie land?

I: Jy moet deel word van kringe. Vir my het dit gewerk om my ondervindinge te deel. Mense stop en luister. Jy moet deel dit wat vir jou belangrik is, jou kultuur en jou musiek. Maar jy moet ook ontvanklik wees vir nuwe invloede en idees van jou nuwe land.

A: Ian, jy deel die dinge in en uit jou hart en ek glo dit vind neerslag by die mense met wie jy jou dae deel. Baie voorspoed vorentoe.

 
 
 
Posted in social |
Posted by Abrama Ahlers and Erik Vosloo
12 Apr 2010



Articles by Author
Articles by Group
Archives

No comments yet!

 
Copyright 2009 Sabona   |   Disclaimer   |   Privacy Policy    |   Articles
Island Printing Gold Coast.        Powered by webEFEKTs.