HOME     SUBSCRIBE     ADVERTISING     CONTACT US   
Magazine
Magazine     Articles     Blogs     Events     Clubs & Resources
by
 

Vir alle Afrikaners waar ookal in die wêreld, is dit uiters belangrik om ons kultuur en Godsdiens te behou.

Wanneer mens jouself in ‘n vreemde land bevind, word dit eweskielik moeilik want die kinders is in ‘n Engelse skool, al hulle vriende is Engels sprekend, nuwe vriende wat mens ontmoet is Engels sprekend, besigheids verhoudinge is Engels, ens.

Alhoewel daar Afrikaanse kerk dienste in Australië is, is dit vir baie mense bykans onmoontlik om by ‘n Afrikaanse kerk uit te kom (vir ‘n lys van Afrikaanse kerke sien asseblief die lys op die SAbona web blad www.sabona.com.au/churches.ews).

Kruiskyk TV het in 2008 in Suid Afrika begin uitsaai. Vir die eerste keer is daar vir gelowiges die geleendtheid gebied om in die gemak van hul eie woning die Goeie Nuus van Jesus in Afrikaans te geniet. Die hele gesin kan terselfdertyd gevoed word met alles van geestelike boodskappe, getuienisse en eg Afrikaanse geestelike musiek.

Kruiskyk beinvloed mense se lewens doelgerig positief deur die krag van Goeie Nuus. Kruiskyk beoog om in Julie 2010 te begin uit saai. Afrikaanse Kerke en Kerk dienste in Australië sal baie baat uit Kruiskyk. Baie mense in Australië het opgehou kerk toe gaan juis omdat hulle nie in ‘n Engelse kerk wou wees nie. Nou gee dit vir hulle ‘n kans om weer geestes voedsel te ontvang, en uit te vind waar die Afrikaanse kerkdienste in Australië plaas vind.

Die program fokus vir Kruiskyk TV in Australië is soos volg:

Ø Musiek

Ø Aktualiteit wat die lewe van elke mens raak

Ø Waarde gebasseerde besigheidsbevorderingsprogramme

Ø Woordbediening en lering

Ø ‘Saampraat' programme

‘n Propvol programskedule sluit in opwindende geselsprogramme met Dr Rodney Seale, Jannie Pelser en leringe deur kenners soos Dr Hennie Prinsloo, Danie Botha, Ds Dirkie van der Spuy, Angus Buchan en ‘n verskeidenheid ander. Musiekfokus sorg vir onderhoude met verskeie opkomende kunstenaars en Jimmy Swaggart Ministries kry elke aand sy beurt om kykers vir ‘n uur lank met woord en sang te bemoedig.

Om meer inligting te bekom of om betrokke te raak by Kruiskyk TV in Australië, kontak gerus vir Daniel Lemmer op daniel@kruiskyk.tv of 0401 386 595 of Stephanie Mans op stephanie@kruiskyk.tv.

Ons het U hulp nodig!

Kruiskyk word deur middel van sateliet TV uitgesaai. Die sateliet kostes is ongeveer $44,000 per maand. Ons soek dus asseblief ongeveer 440 mense wat almal elke maand $100 kan skenk om Kruiskyk op die lug te hou. Om kostes te spaar het SAbona aangebied om gratis die Kruiskyk TV gids in die tydksrif in te sluit, en ook ‘n gratis inskrywing op SAbona te verskaf aan elke person wat die $100 per maand skenking gee. Vir meer inligting of om U understeuning te bied, kontak asseblief vir Daniel Lemmer op daniel@kruiskyk.tv of 0401 386 595.

 
 
 
Posted in social |
Posted by
12 Apr 2010



Articles by Author
Articles by Group
Archives
Elise, jy kan kruiskyk kyk via live streaming, op hulle wepsite www (dot) kruiskyk(dot) tv
Rating: 5 / 5
 
by Richard on 18 Jul 2012

 
I have been trying to make contact with various people to advise me on how to obtain Kruiskyk in Perth Australia - up to today, none have contacted me back, or the contact e-mail/numbers are inactive!
Rating: 1 / 5
 
by Elise Botha on 19 May 2011

 
Hier in Port Elizabeth SA dink ons dat Kruiskyk die beste ding is wat met ons kon gebeur!Ongelukkig is daar dingetjies wat krappering is soos: dat daar heelwat programme aangebied word sonder of met baie swak klank. Nie twee programme se klank gehalte is dieselfde nie.....ASSEBLIEF KAN DIT REGGESTEL WORD? Tweedens...al die Jimmy Swaggert advertensies en programme....is daar nie genoeg plaaslike programme nie of is Jimmy Swaggert Ministries dalk een van die aandeelhouers of dalk die grootste adverteerder? Sjoe, wat erg is, is regtig erg! Ons word letterlik toegegooi met die dierbare omie se dienste. Eish! Seënwense vir die toekoms!
Rating: 4 / 5
 
by Maria on 09 Jun 2010

 
 
Copyright 2009 Sabona   |   Disclaimer   |   Privacy Policy    |   Articles
Island Printing Gold Coast.        Powered by webEFEKTs.