HOME     SUBSCRIBE     ADVERTISING     CONTACT US   
Magazine
Magazine     Articles     Blogs     Events     Clubs & Resources
by Philip Scott
 
Dis nou ‘n nuwe ding ne? Self vir my wat maar ‘n rekenaar “nerd” is! Toe ek die eerste keer van ‘n potgooi hoor het ek regtig gedink dit het iets te doen met bobotie of so iets.
 
Praat gerus met Phil Massyn van AfrikaansInSydney.com, hy sal jou baie van potgooi kan vertel. Om die waarheid te se hy is so bietjie van ‘n voorloper op die gebied. So wat is “potgooi?”
 
Potgooi is eintlik maar ‘n direkte vertaling van “podcast” (of is dit nou dat podcast ‘n direkte vertaling is van potgooi af?). Dit is amper ‘n tipe van radio op die internet. Die verskil is dat net soos jy ‘n artikel kan lees op sabona.com.au wat dalk ‘n maand of ‘n jaar terug gebubliseer was, so kan jy ook na ‘n potgooi gaan luister lank na Phil sy pot gegooi het!
 
En as jy nie saam met Phil stem nie kan jy so gaan se, op sy webwerf! Ek wil nou nie soos ‘n ja-broer klink nie, maar ek hou nogal van wat Phil se op sy potgooi. Hy praat so van ‘n positiewe uitkyk en die negatiewe agter los. Dis mos maar wat ons hier by Sabona doen.
 
Ek sou graag dat ouens soos Phil praat met my goeie vriend Jannie van die Afrikaanse Klub van Australie. Ja, Australie, nie net Queensland nie man … die ouens is besig om te skuif. Ek het juis vir Jannie gese dat ons hier by Sabona 100% agter die Afrikaanse Klub staan en sal help waar ons kan om almal landwyd van hulle te laat weet. Kyk die ouens weet van braai en kuier, sommer lekker! Hulle reel nou ‘n “kamp” waar hulle so iets soos 35 huise huur vir 70 families! Ons bring in die volgende uitgawe vir julle die hele storie!
 
Die Afrikaanse Klub is so 7 jaar gelede gestig en amptelik by die Australiaanse regering geregistreer. Die doel van die klub is “Om ondersteuning te bied aan Suid Afrikaners wat hier in Australie is en aan die nuwelinge wat hier aanland”. Hulle probeer sover moontlik ons Afrikaanse taal en kultuur te laat voortleef en te behou.
 
Die klub is nie net vir die Afrikaans sprekende Suid Afrikaners nie. Engelse sprekende Suid Afrikaners, (en “verengelstes” soos ek), is ook baie welkom. Hulle het selfs baie Aussie families wat saam gaan kamp en dit baie geniet!
Jannie vertel my hulle het al ‘n hele paar streeks verteenwoordigers, maar soek nog mense in all areas van Australie. Enigiemand wat saam wil kuier, familie kampe en gelofte dienste wil bywoon, en net oor die algemeen help om die Afrikaanse kultuur hier in Australie aan die gang te hou.
 
Die klub beskik ook ‘n meubelteek wat daar gestel is vir nuwe mense wat hier aankom wat meubels benodig terwyl hulle wag op hulle meubels. Die klub bied ook ‘n 24 uur ondersteuning aan die mense in Australie wat dit mag benodig.(Tel 0413 344 951).
 
Besoek gerus hulle fantastiese web blad (www.Afrikaans.org.au). Ek hoop dat ons binnekort ‘n Afrikaanse afdeling op die sabona.com.au webblad sal he, en miskien kan ons vir Phil oorreed om ‘n pot op ons webbland en op die Afrikaanse Klub te gooi! Ons is tog maar almal in dieselfde boot, almal met dieselfde doeleindes … om mekaar te help!
 
 
 
Posted in social | Afrikaanse Klub Australië
Posted by Philip Scott
01 Jun 2007



Articles by Author
Articles by Group
Archives
Baie dankie vir die goeie stuk in Afrikaans. Dit is grate en ek stem saam dat ons meer Afrikaans kan sien op die web. Is daar nie n moontlikheid vir n chatroom ook nie?
Rating: 4 / 5
 
by Melani van Zyl on 05 Mar 2008

 
 
Copyright 2009 Sabona   |   Disclaimer   |   Privacy Policy    |   Articles
Island Printing Gold Coast.        Powered by webEFEKTs.