HOME     SUBSCRIBE     ADVERTISING     CONTACT US   
Magazine
Magazine     Articles     Blogs     Events     Clubs & Resources
by Philip Scott
 

Op n koue winters oggend in Alberton kry Adriaan Benson n oproep van sy seun se skool af. Mnr. Benson, ons wil net hoor hoe dit met Ruan gaan, hy is nou al 5 dae siek.

Dit was eerste wat Adriaan daarvan hoor. Ruan was toe 12 jaar oud en was sedert hy maar 9 jaar oud was mal oor fietsry. Met sy eerste fiets wedren (n interprovinsiale byeenkoms in Kimberly) het hy n tweede plek behaal, en dit op n geleende fiets!

Ruan was glad nie siek nie. Adriaan het geweet presies waar hy hom sou kry, op sy gunsteling fietsry roete. Ruan, jy kan nie van die skool af weg bly om fiets te ry nie! Waarvoor oefen jy in elk geval? Adriaan het nie Ruan se antwoord verwag nie Die Tour de France

OK, hy het die miskien nie verwag nie, maar hy was glad nie verbaas nie. En wat laat jou dink dat jy eendag die Tour de France kan wen? vra Adriaan. Want ek is n klimmer en ek kan time trial. Ek soek net n goeie span.

Met sy eerste probeerslag het Ruan n goue medalje ontvang met n wen in die Suid Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe. Die roete was geoormerk vir die klimmers in fietsry en dit is juis die tipe van ryer wat hy is, gebou vir die berge! En die medaljes het nie daar gestop nie. Hy het 10 keer die Argus gery met n beste tyd van 2:32 en het talle medaljes op Nasional en internasionale vlak ontvang.

Ruan het nou onlangs sy 19e jaardag in Europa gevier waar hy huidiglik deel neem. Die familie is deesdae in Australie woonagtig, maar Ruan neem meestal in Europa deel omdat die kompetisie soveel sterker daar is as in Australie en Suid Afrika.

Op die ouderdom van slegs 15 jaar het Ruan besluit hy wou in Europa kompeteer om sy droom te verwesenlik. Hy was met sy fiets, sy laptop, sy klere en n paar Euros in die sak by Johannesburg Internasionale lughawe afgelaai. Sy ambisie en deursettings vermoe het hom toegelaat om uitstekende resultate te behaal. Dis was ongelooflik om te sien hoe n jong seun van 15 op sy eie reg gekom het in so n vreemde wereld en steeds so goed kan presteer.

Ruan het nou al talle male gewys dat hy saam met die top ryers in die wereld kan kompeteer. Sy spanbestuurder in Europa, glo dat hy binnekort deur een van die groot spanne opgeraap gaan word. Hy was reeds in Februarie die jaar genooi om saam met die SA geborgde span BARLOWORLD op n oefen kamp in Italie te gaan 10 dae.

Alles gaan nie altyd volgens plan nie, en die jong Ruan, gebore in Evander in die ou Oos Transvaal,weet hoe om baie hard te werk. Hy spandeer baie lang ure op die fiets, en van opofferinge kan jy hom niks vertel nie. Pyn en smart kom ook maar daarmee saam. Hy het in die hospital in Belgie beland nadat hy sy arm gebreek het toe hulle teen 72km/hr geval het.

Adriaan en Ruan bly steeds blou bul ondersteuners, maar n mens sal hulle nie deesdae baie daaroor hoor praat nie!

 
 
 
Posted in feature |
Posted by Philip Scott
14 Aug 2008



Articles by Author
Articles by Group
Archives

No comments yet!

 
Copyright 2009 Sabona   |   Disclaimer   |   Privacy Policy    |   Articles
Island Printing Gold Coast.        Powered by webEFEKTs.