HOME     SUBSCRIBE     ADVERTISING     CONTACT US   
Magazine
Magazine     Articles     Blogs     Events     Clubs & Resources
by Thea Prinsloo
 

Ons het die Lente ingedans die 29ste Augustus op maat van ‘n moderne weergawe van ‘Afikaners is plesierig, dit kan julle glo'. Die jaar is die lentedans in die noorde van Brissie gehou in Evertonpark in die PCYC saal. Ons het nou wel met die rugby gekompiteer, maar ‘n boer maak mos ‘n plan: Ons het die rugbywedstryd tussen die Springbokke en die Wallabies op ‘n groot skerm in die saal uitgesaai en die wat wou rugby kyk, kon sien hoe Habana ‘n uitstekende paar drie druk op die maat van die Kur Darren se “Kaptein span die seile…” terwyl die res vrolik voort sokkie.

Om ons pragtige stad Brisbane se 150ste herdenking te vier het ons die 12de September by Captain Burke Park in Kangaroo Point bymekaar gekom om die River Fire vuurwerkvertoning te aanskou. Wat ‘n wonderlike belewenis toe die eerste F1-11 vliegtuig oor die rivier vlieg, meeste van ons het waarskynlik hoendervleis uitgeslaan en ‘n warm gevoel om die hart gekry, omdat ons as Afrikaanse Aussies hierdie jaarlikse ingesteldheid saam met ons mede Aussies in hierdie stad wat ons pragtige nuwe tuiste is kon vier. Ons het van middagete se kant af lekker saam gekuier tot laat aand.

Aan die begin van Augustus het die Sunshine Coast se dames ‘n uitstekende Vrouedag program aangebied in Woombye naby Nambour. Daar was allerhande lekker Suid-Afrikaanse tuisgebak te koop en stalletjies wat van handsakke, klere, velsorgprodukte, skilderye tot babaklere, geskep deur knap Suid-Afrikaanse vroue, verkoop het. Elke tafel het ‘n gasvrou gehad wat dit volgens ‘n tema van haar keuse gedek het. Die gasvroue het hul baie goed van hul taak gekwyt, die tafels was deftig geklee in elke moontlike geur en kleur. Om die Vrouedag te vervolmaak is ons dames ook verras met ‘n goed georganiseerde klerevertoning wat deur een van die plaaslike dames wat haar eie klereboetiek besit, aangebeid is. Daar was ook ‘n gasspreekster wat ons meer oor Intimitiet – voor en tussen die lakens – ingelig het. Die dames het met baie goeie idees van hoe om die liefdesspel op te kikker, huis toe gegaan. Volgende op die AKA se programlys is ‘n gholfdag by North Lakes Gholfklub op 17de Oktober. Gades en kinders is welkom om by hul mans en vriende aan te sluit vir aandete na afloop van die dag se verrigtinge.

Kersvader kom ook hierdie jaar weer kuier by ons jaarlikse kerskamp, hierdie jaar by die Tweed Billabong Park op die Gold Coast vanaf 20de tot 22ste November. Daar is wooneenhede sowel as kampstaanplekke beskikbaar. Om teleurstelling te voorkom, maak so gou moontlik jul besprekings. Kom sluit by die AKA aan en maak nuwe vriende en kuier ook sommer lekker saam in jou eie taal. Ons deel in mekaar se lief en leed en ondersteun mekaar waar ons kan. Ons help graag ons lede deur inligting te gee oor skole, kerke, banke, woongebiede, endies meer.

Ons hoop om baie nuwe gesigte by ons volgende funksies te sien. Vir meer inligting rakende bogenoemde verrigtinge beskoek ons webblad: www.afrikaans.org.au of kontak vir Ben Prinsloo op epos benprinsloo@dodo.com.au

 
 
 
Posted in lifestyle |
Posted by Thea Prinsloo
29 Oct 2009



Articles by Author
Articles by Group
Archives
Mar 2013
  1 2  

No comments yet!

 
Copyright 2009 Sabona   |   Disclaimer   |   Privacy Policy    |   Articles
Island Printing Gold Coast.        Powered by webEFEKTs.