HOME     SUBSCRIBE     ADVERTISING     CONTACT US   
Magazine
Magazine     Articles     Blogs     Events     Clubs & Resources
by Anonymous
 

Stradbroke Eiland of Straddie soos meeste mense dit noem, is een van die jaarlikse bestemmings vir die Afrikaanse Klub. Dit was die vierde jaar wat meer as 300 lede, die kamp bywoon en soos altyd was dit ‘n naweek vol heerlike kuier. Die slag het die klub besluit om eerder in Amity Point te bespreek as Point Lookout en na aanleiding van die terugvoering van almal, was dit die regte beluit.

Meeste van die 300 plus mense is Vrydag oor na Straddie met die ferry vanaf Cleveland. Die personeel van Stradbroke Ferries het verseker nog nooit so baie Afrikaans gehoor nie. Jy kon sien dat almal nie kon wag om voet of is diteerder wiel aan wal te sit nie. Vanaf die manne wat gewonder het wie die jaar gaan vassit op die strand tot die kinders wat wonder waar hulle gaan swem, kon jy die opwinding aanvoel.

Soos ‘n mens kan verwag van ‘n klomp Suid-Afrikaners is die naweek afgeskop met ‘n groot braai. Die eienaar van Stradbroke Bungalows moes gewonder het oor die drie halwe dromme wat saam gery word, maar na die eerste braai, wou hy weet of ons een vir hom kan los. Hy reken dis amper net so goeie idée soos oom Jan van Fitzimmons Meats se “outback sausage”. Soos die liedjie sê “Afrikaners is plesierig” het die braai omtrent laat aan gehou. Die naweek was ook weer ‘n geleentheid om met al die vriende saam te kuier en glo my daar was ‘n paar manne wat mekaar erg lanklaas gesien het.

Saterdag het Jannie soos altyd weer die manne vroeg-vroeg opgejaag om bietjie af te ry na Blue Lake en Main Beach. As ek so na die stories luister was dit ook goed dat Eduard met sy Nissan Patrol saam gery het, want blykbaar was die sand maar lekker sag. Ek het ook fluisteringe gehoor dat almal nie wou bande afblaas nie, maar niemand wou dit erken nie. Terwyl die klomp lekker gespeel het in die sand, het Riaan hulle gaan scuba duik by Flat Rock, een van die beste duik plekke in Queensland. Dit is een van ‘n paar plekke wat beskerming geniet as gevolg van die Grey Nurse Sharks wat elke winter daar gesien word. ‘n Paar mense het ook besluit om een van die groot duine aan te durf en weer af te gly. Klink vir my na harde werk maar volgens Hendrik en Allison was dit heerlik.

Teen Saterdag aand was almal weer reg vir ‘n groot kuier en is die vure weer aangesteek. Daar is toe gekuier en gedans tot ou nag toe. Vanaf Dozi tot Carika is gespeel en die mense het heerlik gedans na die familie kos gekry het. Tot die dolfyne het besluit om na die snaakse musiek te kom luister. Ons het ons vir omtrent ‘n hele uur lank verwonder aan die dolfyne in die water. Die kinders was sprakeloos oor die vriendelike gedrag van die pragtige diere en ons kon sien hoe hulle die vissies jaag in die water.

Sondag was ‘n dag van heerlike ontspanning en meeste families het rustig ontspan langs die water of in die water. Ons het gesnorkel by Amity Point en ‘n paar snorkelaars het vir die eerste keer kennis gemaak met die Wobbygong sandhaai. Vanaf Amity Point sak die son oor Brisbane en ons het ‘n pragtige sonsondergang gesien. Dit was ‘n fotograaf se droom. Die aand het wel bietjie uitgereën maar almal was so lekker lui na die naweek, dat ‘n vroeë

aand niemand gepla het nie.

Maandag was die groot terug tog na Brisbane maar eers nadat almal mekaar belowe het om dit volgende jaar weer te doen. Ek sal verseker weer volgende jaar daar wees. Behalwe dat Straddie een van my geliefste bestemmings is, mis ek nie sommer die lekker saam kuier nie.

 
 
 
Posted in humour |
Posted by Anonymous
25 Jun 2009



Articles by Author
Articles by Group
Archives

No comments yet!

 
Copyright 2009 Sabona   |   Disclaimer   |   Privacy Policy    |   Articles
Island Printing Gold Coast.        Powered by webEFEKTs.