HOME     SUBSCRIBE     ADVERTISING     CONTACT US   
Magazine
Magazine     Articles     Blogs     Events     Clubs & Resources
by Dorien
 

Ons het lank navorsing gedoen om te besluit waar ons wou hervestig. Die warm weer van Brisbane, die Suid-Afrikaanse gemeenskappe in Perth, die beroemde strande rondom Sydney en die plattelandse gevoel van Adelaide. Melbourne asbestemming het nie regtig by my opgekom nie, maar uiteindelik was dit presies waarheen die wind ons gewaai het.

 
Ons hervestiging was redelik pynloos. My man het reeds werk gehad en dus n salaries aan die einde van die maand. Ons besittings was in n verskepingshouer iewers op die oop see op pad na Melbourne en ons huur-meenthuis skaars 200m van die strand. Wat meer kan n Gautenger voor vra?

Dit word jaarliks bevestig deur die statistieke van The Economist Intelligence Unit (EIU) wat Melbourne al n paar jaar in n ry tel onder die top 5 gunstige stede ter wreld om in te woon en werk. Hulle meet dit onder andere aan eienskappe soos infrastruktuur, misdaad statistieke, geletterdheid, kultuur- en sportgebeurtenisse.

Melbourne het n betreklike gekonsentreerde middestad met woonbuurte wat in alle rigtings vanaf Port Phillip Bay uitstrek. Wat Melbourne vir my besonder aantreklik maak is die feit dat dit rondom Port Phillip Bay gele is, die Yarra rivier wat kronkel regdeur die middestad en die talle tuine en parke wat netjies instand gehou word en n ontspanne atmosfeer skep en die gevoel van ruimte gee. Daar is altyd mense wat hulle tyd verwyl in die stad deur rustig in die parke te wandel of iets te nuttig by een van die restaurante langs die rivier terwyl die water taxi's, ferries en ander vaartuie verby vaar.

Vir my het Melbourne n eg Europese gevoel met n verskeidenheid koffiewinkels waar mense gesellig verkeer rondom die tafels en stoele op die sypaadjie. Die naglewe bied iets vir almal van die Pub crawlers tot die teatergangers. Ten spyte van n bevolking van oor die 3 miljoen kry mens nie die gevoel van gejaagdheid en oorbevolking nie. Dis n multikulturele gemeenskap wat meer as 200 lande van oorsprong verteenwoordig. Dit maak Melbourne baie verdraagsaam vir ander kulture, gelowe en tale.

Daar is oor as genoeg leefstyle, gebeurtenisse en winkels vir almal en om elke smaak en sak te pas.

Met n bietjie geduld en baie beproef vind mens ook n mildelike verskeidenheid restaurante wat opmaak vir die gebrek aan diebekendheid van braai en kuier restaurante soos Spur en Dros.

Soos die meeste ander Suid-Afrikaners bly ons nie in die middestad nie. Ons bly in Mentone, n rustige woonbuurt reg langs die see. Met sy eie treinstasie, supermarkte, goentewinkels, spreekkamers, n gym en n verskeidenheid van ander winkels en eetplekke. En glo dit of nie, ten minste 5 skole en nog meer kerke! Dit klink allesbehalwe stil, maar defnitief rustig in die sin dat dit nie die tipiese vakansiedorp by die see is nie. Dis slegs die inwoners wat regtig hier rondhang en met die gebrek aan parkering langs die strand en ander meer gewilde toeriste strande in die omgewing sal mens nooit n toeloop van toeriste h nie.

Ons bly in n tipe meenthuiskompleks wat bestaan uit 16 eenhede. Dis glad nie soos die sekuriteitskomplekse wat ons ken nie. Daar is geen hek of wag by die kompleks nie en die meeste motors staan sommer net so in die oprit. Die meeste huise is in totaliteit van hout gebou en n huis word sommer in n oogwink opgerig. Erwe is oor die algemeen heelwat kleiner as in Suid-Afrika en behuisingskoste kan wissel van bekostigbaar tot astronomies afhangend van hoe naby aan die stad of die see mens wil woon. Nader aan die stad en die strand is baie duur, maar verder weg kry mens goeie, bekostigbare behuising steeds op die hoof openbare vervoer roetes.

Melbourne se weer is omtrent iets om oor huistoe te skryf! Heel onvoorspelbaar en blykbaar n welbekende besprekingspunt. Maak nie saak wat die weervoorspeller s nie hy sal altyd reg wees wel, een of ander tyd in die volgende 2 ure sal hy beslis in die kol wees!

Enige egte Kapenaar sal hier so tuis voel soos n vis in die water!

Gepraat van visse. Seekos is spotgoedkoop en volop beskikbaar.

Uiteindelik is die wil om aan te pas en in te skakel by die nuwe leefwyse n belangrike faktor wat immigrasie pynloos kan maak of in n nagmerrie kan laat ontaard. Vir Suid Afrikaners met veggees en n kan-doen houdingis hier egter baie geleenthede wat wag om ontgin te word. Vra ons, ons het dit gedoen!
 
 
 
Posted in lifestyle |
Posted by Dorien
16 Jun 2008



Articles by Author
Articles by Group
Archives

No comments yet!

 
Copyright 2009 Sabona   |   Disclaimer   |   Privacy Policy    |   Articles
Island Printing Gold Coast.        Powered by webEFEKTs.