HOME     SUBSCRIBE     ADVERTISING     CONTACT US   
Magazine
Magazine     Articles     Blogs     Events     Clubs & Resources
by deur Ben Prinsloo en Dolf Putter
 

So paar maande gelede, om een van die talle braaivleisvure, het n paar manne oormotorfietse begin gesels. Dit was interessant om te sien hoeveel motorfietsentoesiaste daar was onder die Afrikaanse gemeenskap in Brisbane. Ek is elke keer verstom dat vreemdelinge so gou gemaklik gesels as die geselskap in die rigting van motorfietse gaan. Daar is niks beter vir enige mens se gees as die skoon lug, die groen valleie en gemaklike samesyn van fietsryvriende nie; net daar besluit ons toe op die Boere Bikers of soos ons wederhelftes ons noem, die BBBs (Bles en Boepens Bende).

Ons is nie regisitreer as 'n motorfietsklub nie en ons doelwit is om die passie te deel, sosiaal te ry en natuurlik motorfietssport en veligheid in die algemeen te bevorder. Ons is 'n uiteenlopende groep entoesiaste en alle tipe motorfietse is welkom. Ons fokus meer op die avontuurelement van motorfietse en as jy 'n passie vir motorfietse het en ons oogmerke deel, laat ons weet en kom ry saam.

As jy nog nooit motorfiets gery het nie, sal jy nie weet hoekom dit so lekker is nie. So s John Travolta rens op die DVD van Wild Hogs. En so glo ons, die gelukkiges onder ons, die' wie gedryf word deur passie vir motorfietse en motorfietsry.

Ek het n vriend gevra om sy passie met ons te deel en hy het die volgende te s gehad:

Ek is bike mal en kan ure daaroor praat. Die vreugde van die oop pad ... die 'adrenalien rush' van n draai wat amper te vinnig aangekom het ... die angs van 'n vinnig aankomende wallaby in die pad en die absolute sug van verligting as jy voel hoe die ABS en ASC presies doen waarvoor dit ontwerp was en jy besef jy het reg gekies toe jy besluit het om die opsie maar te vat en 'n paar etes te skip die volgende maand of twee... dan die ekstase as jy langs die wallaby verby ry en die throttle wyd oopruk ... die bike wat soos 'n pyl uit 'n boog wegskiet van die ou plekkie wat amper jou laaste rusplek kon gewees het. Jou arms rek onder die g-force aanslag en jou agterent veg om in die saal te bly as die stuk meganiese wonderwerk van loopspoed tot vliegspoed in a paar sekondes slinger

Vir my is dit die belewenis van die algemene kameraderie, onderstrominge van ho adrenalien vlakke, en die vars reuk in die lug. Motorfietsentoesiaste beskik oor n positiewe energie wat berge sal kan versit as die oomblik dit vereis en n verdraagsaamheid wat (hoewel soms so bietjie under cover) my met verwondering laat.

*Only a biker knows why a dog sticks his head out of a car window*

Ons het al so n paar ritte deurgewerk en sal die bikers vra om hulle avontuur te deel in die volgende uitgawe. Ons beoog om te begin met gereelde ritte elke maand, meestal maar in die Brisbane omgewing. Ons beplan n vier or vyf uur rit een keer per maand (gewoonlik Sondagoggende) en dan so elke drie maande n trip oornag iewers (soos die een beplan vir 17en18 na Julie na Texas, NSW).

Indien jy sou belang stel om by ons aan te sluit en te deel in die pret, iets wil bydra by wat ons doen en beoog en help bou en beplan om ons BBB n gesellige, vriendelike en suksesvolle groepie te maak, kan jy Dolf Putter 0407 064 611 of Ben Prinsloo 0401 770 900.

Groete

 
 
 
Posted in social |
Posted by deur Ben Prinsloo en Dolf Putter
20 Aug 2009



Articles by Author
Articles by Group
Archives
Mar 2013
  1 2  
Thanks Dolf, die artikel is insigewend, kan sien dat die kommentaar van ene Young Rider weerspiel sy intelligensie vlak, lyk maar aan die skraps kant.
Rating: 5 / 5
 
by Baas Johan on 09 Sep 2009

 
Is daar dalk al n Sydney hoofstuk van die BBB's?
Rating: 5 / 5
 
by Ettienne Fourie on 27 Aug 2009

 
Die bike wat soos 'n pyl uit 'n boog wegskiet? Met ABS? Watter Suzuki kan dit wees??? Klink meer vir my na 'n Duitse pea-shooter...
Rating: 5 / 5
 
by Young Rider on 22 Aug 2009

 
 
Copyright 2009 Sabona   |   Disclaimer   |   Privacy Policy    |   Articles
Island Printing Gold Coast.        Powered by webEFEKTs.